Norges billigste bøker

Bøker av Dan Sleigh

Filter
Filter
Sorter etterSorter Populære
  • av Dan Sleigh
    262,-

    Sanlam/Insig/Kwela Groot Romanwedstryd (2001), WA Hofmeyr-prys (2003), RAU-prys vir skeppende skryfwerk (2003), M-Net-prys vir skeppende werk in Afrikaans (2004), Helgaard Steyn-prys (2004). EILANDE is mr as net 'n boek. Dis 'n magistrale roman, 'n oerteks wat saam met die Dagjoernaal van Jan van Riebeeck gelees behoort te word. Dis eintlik 'n gebeurtenis wat 'n andersmaak bring vir elkeen wat dit onder hande neem. Maar dis ook 'n helder boek. Dit s vir jou in die eerste lang paragraaf wat dit gaan doen, en dan doen dit daardie ding. Dit plaas ons geskiedenis, in 'n daad van liefdesbetuiging, in die liggaam van 'n vrou. Daar word dit vasgeknoop, en dan word vertel wat uit di verbinding voortgekom het. Sewe stukke lewe is hier ter sprake, almal manslewens wat iewers gewentel het om die bestaan van hierdie vrou in wie se liggaam die wit bloed en die bruin bloed saamgevloei het. Sewe mansmense wie se geskiedenisse byna soos aardplate oor mekaar skuif met di vrou as swaartepunt. EILANDE bied 'n soort onuitputlikheid. Dit herroep die woord 'respek'. Respek vir wat verbygegaan het. Respek vir die byna onuitspreeklike woestheid van die mens se verlange tot bestaan, tot erkenning, tot leef op aarde. Maar veral respek vir diegene wat dit opgeteken het, vir die eerlike arbeid wat in so 'n poging opgegaan het.

Gjør som tusenvis av andre bokelskere

Abonner på vårt nyhetsbrev og få rabatter og inspirasjon til din neste leseopplevelse.